ATKV

ATKV as ontwikkelingsvennoot

Die ATKV-direksie het ongeveer sewe jaar gelede ʼn diversifikasiestrategie aanvaar om ondermeer betrokke te raak by die ontwikkeling en vestiging van ’n voetspoor vir beveiligde leefstylbehuising in Suid-Afrika vir die vyftigplusser-groep. Negester Onrusrivier en Negester Klein-Kariba was die begin van die uitvoering van hierdie strategie.


ATKV as kultuurorganisasie

Die ATKV is in 1930 in Kaapstad deur twaalf lede gestig as ’n organisasie waar mense die lekkerte van Afrikaans-wees met mekaar kon deel. Vandag is dit dié Afrikaanse kultuurtuiste met ongeveer 70 000 hooflede en 30 kultuurprojekte per jaar wat bykans 55 000 inskrywings genereer en meer as 220 000 mense regstreeks betrek.


ATKV-Oorde

Ook op sakegebied het die ATKV vooruitgang gemaak met sewe asemrowende vakansieoorde geleë in die mooiste dele van Suid-Afrika. Hierdie vakansieoorde is: Buffelspoort (naby Rustenburg), Drakensville (in die voetheuwels van die Noordelike Drakensberg), Eiland Spa (geleë naby Phalaborwa in die Hans Merensky-natuurreservaat), Goudini Spa (naby Worcester, Kaapse Wynlande), Hartenbos (naby Mosselbaai), Klein-Kariba (naby Bela-Bela) en Natalia (naby Winkelspruit aan die Natalse Suidkus).

Kontak Ons | Get In Touch

 


Bemarkings Navrae | Marketing Enquiries:
011-919-9000

ATKV

ATKV as ontwikkelingsvennoot

Keur, volhoubare en beveiligde leefstyl-landgoed vir vyftigplussers