'n Toevlugsoord vir sagte sorg



Gewaardeerde tuisversorgings- en verswaktesorgdiens


Negester het vir Medwell as mediese diensverskaffer aangestel. Medwell bied raakvat en gewaardeerde gemeenskaps-, mediese ondersteunings- en verplegingsdienste aan. Medwell is ook ’n geregistreerde verplegingsagentskap wat deur een van Suid-Afrika se grootste mediese fondse gekontrakteer word om tuisversorging as ’n noodsaaklike derde komponent in ’n gekoördineerde sorgprogram aan te bied. Dit is Medwell se visie om holistiese gesondheids- en steundienste aan te bied ten einde te verseker dat daar aan al die verwagtinge van ’n ten volle ontwikkelde persoonlike sorg- en gesondheidsdiens vir die inwoners voldoen kan word.



Ons mediesesorgsentrums

Negester Klein-Kariba beskik oor 'n 12-bed mediesesorgsentrum met tuisversorging wat as ʼn standaardopsie aangebied word.

Negester Onrusrivier beskik oor 'n deeltitelsorgsentrum met 50 wooneenhede. Behalwe die standaard tuisversorgingsopsie, word drie sorgpakkette in die sorgsentrum aangebied: Basiesesorg, hulpsorg en verswaktesorg. Die sentrum beskik oor ʼn gesellige eetvertrek, sitkamer met kaggel, dameskroeg, klein biblioteek, haarsalon en kliniek.

Kontak Ons | Get In Touch

 


Bemarkings Navrae | Marketing Enquiries:
011-919-9000

ATKV

ATKV as ontwikkelingsvennoot

Keur, volhoubare en beveiligde
leefstyl-landgoed vir vyftigplussers