- Dr Annatjie Moore

'n Veilige bosveld-omgewing


Wildesering Straat, Negester Klein-Kariba

"Dit is 'n spesiale voorreg om daagliks in 'n veilige Bosveld-omgewing wakker te word en die natuur se ritme te ervaar. Die voorsiening van hoë gehalte infrastruktuur en dienste soos gesondheidsorg en sekuriteit bied gemoedsrus en 'n ontspanne atmosfeer. 'n Mens wil nie van jou huis af weggaan nie, want jy verlang te veel na die stilte, sonsopkoms en stap in die natuur. Jy is inderdaad tuis op Negester.”

- Bettie Pelser-Liebenberg

Dit is 'n fees en 'n voorreg om in Negester te woon.


Negestersingel, Negester Onrusrivier

"As eerste koper en eerste intrekker by Negester, wil ek net dankie sê vir almal se bedagsaamheid teenoor my. Nooit was dit te veel moeite om my behulpsaam te wees nie. So tussendeur die gruishope en bougeraas en werkers wat kom en gaan, was die personeel altyd beleefd en akkommoderend. Negester se personeel vorm 'n gedugte span en lewer uiters goeie diens. Dit is 'n fees en 'n voorreg om in Negester te woon."

- Pieter and Ans Scholtz

Hier kan jy soos 'n kind wees, met die lewe wat lê en wag om te gebeur!


Maroelasingel, Negester Klein-Kariba

"Elke dag wanneer ons die laaste kilometer se stuk pad na die hekke van Negester Klein-Kariba opry en ons die Bosveld sien wat ons omring, word ons oorweldig deur die Seën waarmee ons bederf word. Hier kan jy weer soos 'n kind wees, met die lewe wat lê en wag om te gebeur. Vreugde en dankbaarheid vir hierdie regte keuse wat ons 'n nuwe begin gemaak het."

- Jannie and Ann Slabber

Die besluit wat ons geneem het om hierheen te verhuis, was die beste ooit


Eerstelaan, Negester Onrusrivier

"Die besluit wat ons geneem het om hierheen te verhuis, was die beste ooit. Ons voel veilig en geborge, en almal wat ons kom besoek, ons kinders inkluis, kan nie uitgepraat raak oor al die positiewe kwaliteite van Negester nie."

- Jan and Trudie de Beer

Vra julle ons vir 'n stergradering van dié plek? Nege is te min!


Hardekoolsingel, Negester Klein-Kariba

"Na 17 jaar op die pragtigste plaas in die Waterberge het ons gedink dat ons nooit weer soveel mooi sal beleef nie. Die Heer het egter altyd nuwe planne en plekke vir ons. Hier by Negester Klein-Kariba is dieselfde bome, sonsondergange en wonderlike mense. Vra julle ons vir 'n stergradering van dié plek? Nege is te min!"

ATKV

ATKV as ontwikkelingsvennoot

Keur, volhoubare en beveiligde
leefstyl-landgoed vir vyftigplussers