ATKV Negester

Keur, volhoubare en beveiligde leefstyl-landgoed vir vyftigplussers

Ons Leefstyl-Landgoed

Deur Negester Onrusrivier en Negester Klein-Kariba bied ons jou die geleentheid om die beste van twee wêrelde te kry – stylvolle leefstyllandgoed wat in pragtige, rustige areas geleë is om jou die gemoedsrus te gee waarna jy smag.

Sorg

ʼn Toevlugsoord Vir Sagte Sorg


Beide Negester Klein-Kariba en Negester Onrusrivier bied gewaardeerde tuisversorgings- en verswaktesorgdienste aan.

“Dit is (ook) ons oogmerk om tuisversorging by elke Negester as ʼn standaarddiens aan te bied, asook om moderne en goed toegeruste sorgsentrums te bou wat aan inwoners se mediese behoeftes kan voldoen en sodoende verdere gemoedsrus te verseker.”

Schalk Cilliers

Wie is Ons

Skyn helder!


Die bekende skrywer en digter, D.J. Opperman, se gedig, "Negester en stedelig", het as inspirasie vir die naam en die ontwikkeling van die handelsmerk en slagspreuk gedien en ons visie is hierop voortgebou.

“… en mag die Suiderkruis en Negesterre witter as die stedeligte in jou siel bly skitter.”

ATKV

Negester Se Ontwikkelingsvennoot

Gerugsteun deur die ATKV het ons toegang tot keur eiendomme.