'n Toevlugsoord vir sagte sorg


Ons mediesesorgsentrums

Gewaardeerde tuisversorgings- en verswaktesorgdiens

 

Negester Klein-Kariba het tans vir Procare in hul diens as Sorgdiensverskaffer. Procare bied dienste van ‘n baie hoë gehalte wat spreek van ’n persoon gebaseerde benadering wat lei tot ‘n omgee- omgewing wat mediese dienste betref.

Procare bied ook ‘n uitgebreide tuisversorging diens met verskillende pakkette wat eienaars se persoonlike behoeftes op verskeie vlakke kan aanspreek. Procare stel dit ten doel om ’n gesonde leefstyl te bevorder ten einde te verseker dat eienaars ’n kwaliteit leefstyl kan geniet. Met verskeie verpleegkundige dienste wat aangebied word verseker Procare dat daar aan die eienaars van Negester se kleinere mediese behoeftes voldoen word. Procare streef daarna om aan die verwagtinge van ‘n volledige persoonlike sorg-module te voldoen.

 

Negester Onrusrivier het vir NSC as mediese diensverskaffer aangestel. NSC bied raakvat en gewaardeerde gemeenskaps-, mediese ondersteunings- en verplegingsdienste aan. NSC is ook ’n geregistreerde verplegingsagentskap wat deur een van Suid-Afrika se grootste mediese fondse gekontrakteer word om tuisversorging as ’n noodsaaklike derde komponent in ’n gekoördineerde sorgprogram aan te bied. Dit is NSC se visie om holistiese gesondheids- en steundienste aan te bied ten einde te verseker dat daar aan al die verwagtinge van ’n ten volle ontwikkelde persoonlike sorg- en gesondheidsdiens vir die inwoners voldoen kan word.

 

Kontak Ons | Get In Touch

 


Bemarkings Navrae | Marketing Enquiries:
011-919-9000

ATKV

ATKV as ontwikkelingsvennoot

Keur, volhoubare en beveiligde
leefstyl-landgoed vir vyftigplussers